Linton Park Wine Estate

Winery
  • PO.Box 1234
  • Wellington, Western Cape
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 873 1625
PUBLIC PROFILE
Feb 14 Wed
  1. Valentyns Piekniek metTWEE – Linton Park Wynlandgoed

    10:30 AM - 2:00 PM CAT
    Add to Your Calendar
    Added by Sunè Samuels
    Banner2-845x321.jpg - Linton Park Wine Estate image
    @ Linton Park Wine Estate
    Kom geniet ‘n romantiese piekniek op Valentynsdag by Linton Park Wynlandgoed, waar plaaslike kunstenaars en dan die groep TWEE, jou en jou geliefde gaan vermaak met romantiese liedere terwyl die son in die agtergrond oor die mooi Wellington landskap sak.

    Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar 3 jaar gelede ontmoet in Kaapstad en onmiddelik besef dat hulle talente saam die landskap van Afrikaanse musiek kon verander. TWEE is gebore in 2014 en na die weghol sukses van hulle Afri-Visie wenliedjie, Ek Sweer, is die vollengte album, Piekniek vir TWEE vrygestel.

    Hekke open al 17h30 met plaaslike kunstenaars wat vanaf 18h45 begin optree. Optrede van TWEE begin om 20h00.

    Opsie 1:
    R100 per persoon – eie piekniek mandjies welkom.

    Opsie 2:
    R450 – Toegang vir 2 persone plus volledige piekniek mandjie vir 2.

    GEEN eie alkoholiese produkte toegelaat. Wyn, bier en koeldranke te koop op die perseel. Wynglase (R20 deposito) en ys beskikbaar. Kaart-fasiliteite beskikbaar.

    BEPERKTE KAARTJIES BESKIKBAAR!

    Vir meer inligting, kontak asb vir Susan Kits op 021 873 1625 or tasting@lintonparkwines.co.za.