Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

WELLINGTON WINK

Posted by Sunè Samuels on 17 March 2021 3:15 PM CAT
Default user photo

Die welbekende wandellied se woorde resoneer tans by baie Suid-Afrikaners en diegene wat “moeg word vir die lewe in die stad en die wandelpad wil kies,” kan gerus die pad inslaan na die pragtige dorpie Wellington. Welbekend vir hulle plattelandse gasvryheid, ongerepte natuurskoon, oop spasies en wye verskeidenheid toerisme-aanloklikhede, is Wellington perfek geleë vir ’n vinnige wegbreek minder as ’n uur se ry uit die Kaapse middestad.

COVID-WYS

Dit is juis hierdie faktore wat Wellington die ideale bestemming in die tyd van COVID maak. Die talle wynplase, restaurante en besienswaardighede beskik oor genoeg ruimte om sosiale afstand te handhaaf en produkeienaars is uiters bewus van COVID-protokols en hou streng daarby. Dit was juis hierdie toewyding tot die veiligheid van besoekers wat gesorg het dat Wellington een van die eerste dorpe in die wêreld was om in 2020 die gesogte Safe Travels akkreditasie van die World Travel & Tourism Council te ontvang.

Met herfs amper hier, is dit die ideale tyd van die jaar om Wellington te verken met gematigde temperature bedags en soel aande. Paasnaweek en die eerste skoolvakansie van 2021 is om die draai en Wellington is beslis ’n besoek werd. Die wye keuse van besoekpunte maak dit geskik vir multi-generasie besoekers met aanbiedings vir oud en jonk. Paartjies, families en vriendegroepe sal oorgenoeg vind om te doen.

KLEIN BIETJIE WYN

Wellington se wyne word wêreldwyd hoog aangeskryf en ’n besoek aan een van hulle wynplase moet beslis op die lysie wees. Wellington Wines se proelokaal by hulle Bovlei kelder bied interessante wynkombinasies, onder ander die Duke & Doughnut proesessie met vier verskillende wyne uit die Duke of Wellington reeks met smullekker doughnuts. Daar is ook ’n spesiale kinderproe en speelplek om die jongspan te vermaak.

Diemersfontein wynlandgoed verwelkom families en troeteldiere met ’n uitstekende reeks wyn, heerlike eetervarings in hulle PROE restaurant en fantastiese pieknieks op die skaduryke grasperke omring deur imposante houtbeelde. Hulle proesessies sluit van drie rooiwyne en potstilbrandewyn in.

Val du Charron Wine and Leisure Estate verstom die sintuie met asemrowende uitsigte oor die omliggende bergreeks – veral met sonsondergang – asook wyn, luukse akkommodasie en ’n keuse van twee restaurante. Dunstone bied die volledige wynlandervaring met informele wynproesessies van hulle bekroonde wyne in die oorspronklike wynkelder, uitstekende kontreikos in hulle gewilde bistro en verskillende verblyfopsies.

Bosman Family Vineyards spog met ’n trotse erfenis wat oor agt generasies strek met ’n sterk eko-vriendelike en bewaringsinslag. Besoek gerus hulle 260-jaaroue kelder met ’n plaasmuseum en vatkelder, waar die storie agter die “stokkiesdraai” sêding graag vertel word.

Nog ’n interessante kuierstop is Imbuko vir hulle gewilde proekombinasies van fynproewerpasteitjies met vier wyne uit hulle Van Zijl-reeks. Geniet die uitgebreide wynlys, heerlike eetgoed, mooiste uitsig en kindervriendelike atmosfeer. Probeer ook gerus hulle tuisgemaakte Cabernet en Pinotage druiwekonfyte.

BUITELUG-ERVARINGS

Talle besoekpunte bied ook lekker buitelugaktiwiteite, waar besoekers bietjie kan bene rek en die speke kan laat draai. Op Doolhof wynplaas is daar ’n keuse tussen ’n rustige 5km wingerdwandel of ’n 10km staproete met piekniekpunte langs die Krommerivier sowel as ’n bergfietsroete vir kinders en volwassenes. Diegene wat net wil ontspan, kan gerus die pragtige wynproelokaal besoek, die labirint verken en ’n heerlike snoepbord of piekniekmandjie bestel.

Bergfietsentoesiaste kan ook gerus die MTB Wild Boar Trails-sentrum op Val du Charron besoek en ’n netwerk van roetes vir ryers en drawwers ontdek.

Welvanpas lê aan die voet van die Bainskloofpas, en die Hawekwa- en Groenberge. Die plaas dateer uit 1704 en is ’n heerlike bergfiets- en stapmekka. Daar is tans twee bergfietsroetes en die staproete is 7,5 kilometer lank. Jy stap al langs die Krommerivier, tot by ’n pragtige Waterval en tot bo by die uitkykpunt teen die Groenberg met ’n mooi uitsig oor Wellington.

Vir natuurliefhebbers is ’n besoek aan die plaas Rooshoek ’n moet om buffels, wildsbokke, gemsbok, bontebok, wilde varke en ander diere tydens ’n twee-uur lange wildrit in hulle natuurlike habitat te besigtig. Die plaas is deel van die renosterveldbewaararea en spog dus met ’n diverse voëlbevolking en fynbos. Neem jou eie peuselgoed saam of bespreek vooraf ’n piekniek, geniet skemerkelkies op die berg of proe die plaas se unieke olyfolies.

ROSE EN GESKIEDENIS

Teen die hange van Groenberg net buite die dorp is die manjifieke Langkloof Roosplaas. Geniet ’n wandeling in die indrukwekkende roostuin met meer as 14 000 roosbosse of geniet ’n spesiale teeseremonie met ’n keuse van ingevoerde teesoorte

Besoekers kan gerus die Voicemap selfoontoepassing aflaai om ’n selfbegeleide erfenistoer, ‘Wellington Erfenistoer: wamakers, wynmakers en vroulike opvoeders’, van die dorp se geskiedkundige besienswaardighede te doen. ’n Bekwame virtuele toergids vertel interessante staaltjies en grepe uit die geskiedenis, wat die ryk erfenis van die dorp en sy mense laat herleef. Die stemgids is gratis beskikbaar in Afrikaans, Engels en Duits.

Daar is soveel om te sien of te doen, dat ’n dag in Wellington heel moontlik te kort gaan wees. Gaan loer in by die toeriste-inligtingsentrum vir aanbevelings vir oornagopsies of soek spesiale akkommodasie-aanbiedings op die webwerf.

Kontak +27 (0) 21 864 1378 of wellingtoninfo@dlta.co.za vir meer inligting.

Besoek ook Wellington se webblad www.wellington.co.za of volg hulle sosiale mediaplatforms by @Visit Wellington ZA.

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog