Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

June at the Breytenbach Centre in Wellington

Posted by Sunè Samuels on 31 May 2018 4:05 AM CAT
Default user photo

During the month of June, the Breytenbach Centre in Wellington promises you a feast of entertainment ranging from sounds of ABBA, classical music, art discussions and group exhibitions. Keep up to date with their events by visiting https://breytenbachsentrum.co.za/.

Dink #BuitedieBoek by Tuin van Digters 2018

Die sewende Tuin van Digters, die jaarlikse hoogtepunt op die kalender van Afrikaanse digkuns in die land, vind vanjaar op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach-sentrum plaas. Vanjaar se tema is #BuitedieBoek –  daar word onder meer gefokus op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ’n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, ensovoorts) uiting gee aan woorde, frases of gedigte om in ’n boodskap oor te dra. Die program sal in Julie bekendgemaak word. Kaartjies vir ’n tweedagpakket kos weer R250 per persoon en sluit alle aanbiedings in. Net vir Vrydag is die prys R100 per persoon en net vir die Saterdag R200 per persoon. Studente betaal R60 per dag. Bespreek nou al by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

Kom luister na Abba in Wellington

Wie onthou nie die gewilde Abba met liedjies soos Fernando, Mama Mia, Dancing Queen en Thank you for the music nie? Mike McCulley (van die destydse McCulley’s Workshop), het ’n uiters talentvolle groep sangers en musikante bymekaar gebring vir ’n Abba-konsert met al die gewildste liedjies. Konserte is uitverkoop en nou kom hulle ook op Vrydag 15 Junie na Die Bôrdienghuis. Liefhebbers van Abba moet nie Mike & The Harmonix’s Abba Show misloop nie. Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kos R150 per persoon. Pizza’s en wyn kan oudergewoonte al van 18:00 gekoop word. Bespreek by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 8732786.

 

Klassieke Konsert op ’n Sondagmiddag

Die tweede Sondagmiddag klassieke konsert van die jaar, aangebied deur die Breytenbach-sentrum in samewerking met Le Bac Estates, vind Sondag, 10 Junie om 18:00 by Le Bac tussen Wellington en die Paarl op die R45 plaas. Die kunstenaars wat sal optree is Matthew Reid (klarinet), Francois du Toit (klavier) en Cheryl de Havilland (tjello). Die program bestaan uit Beethoven Trio Opus 11, Saint Saens “The Swan” uit “The Carnival of the Animals”, drie werke deur Astor Piazzolla vir klarinet en klavier en drie werke vir ’n trio van die Klezmer Repertoire (Joodse folkmusiek). Kaartjies vir die uurlange konsert kos R80 per persoon en sluit wyn en eetgoed in. Bespreek by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

 

Kunsgesprek oor Olive Schreiner

Kom luister Saterdag 2 Junie om 11:00 in die Breytenbach-galery na ’n kunsgesprek oor Olive Schreiner, We need to talk about Olive, deur proff. Lou-Marie Kruger en Andries Bezuidenhout. Toegang is R30 per persoon en sluit ’n glas wyn in. Bespreek betyds by galery@breytenbachsentrum.co.za, 021 864 2988 of 083 415 0002.

 

BLOU / BLUES – Errieda open groepuitstalling

Die bekende huiskok, Errieda du Toit, open Saterdag 9 Junie om 11:00 die groepuitstalling BLOU / BLUES in die Breytenbach-galery. Sowat 15 kunstenaars, insluitende Louis Jansen van Vuuren, Marinda du Toit, Jennifer de Charmoy en die Wellingtonner Elsibe McGuffog se werke kan gesien word. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 18 Julie. Die opening word om 14:00 gevolg deur ‘n besondere vertoning deur die sangeres Luna Paige – “Her Blues goes Acoustic”.

 

Luna Paige in Die Bôrdienghuis

Die bekende en gewilde sangeres Luna Paige se konsert “Her Blues goes Acoustic” na die opening van die groepuitstaling op 9 Junie begin om 14:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Kaartjies vir die konsert kos 150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 8732786.

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog