Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

BREYTENBACH CENTRE DELIGHTS IN MARCH WITH VARIOUS ARTS

Posted by Sunè Samuels on 27 February 2019 1:40 AM CAT
Default user photo

During March Breytenbach Centre offers a variety of entertainment that will suit everyone’s preferences. Join them for art exhibitions, book launches, music shows, artistic workshops and wine Wednesdays.

 

2 Maart: Min Shaw stel haar boek bekend

Min Shaw, die legendariese en beminde sangeres en aktrise in onder meer Jy is my Liefling saam met Gé Korsten, stel Saterdag haar biografie in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekend.

Die boek, Sprokie van ’n liefling – ’n plakboek van herinneringe, het pas verskyn en is propvol foto’s en aandenkings uit haar persoonlike albums en plakboeke. Haar jarelange vriend en skrywer van die biografie, Shaun Andrew Mynhardt, en die gewilde aktrise Lizz Meiring, sal haar uitvra oor die “Wilde Weste”-dae van die Afrikaanse rolprentbedryf, juffrou-wees, en haar pa wat altyd geglo het “Sussie” gaan ’n groot ster wees.

Die gesprek begin Saterdag 2 Maart om 11:00 en ligte verversings sal na die tyd beskikbaar wees. Toegang is gratis, maar bespreek vroegtydig by Carina Hanekom by chanekom@proteaboekhuis.co.za of by Jessica Ruiters by die Breytenbach-sentrum by 021 873 2786.

 

 

7 Maart: Zirk van den Berg se boekbekendstelling

Zirk van den Berg, skrywer van Ek wens ek wens, gesels op Donderdag 7 Maart in Die Bôrdienghuis oor sy  jongste boek EK WENS EK WENS sowel as van sy ander boeke. Die gesprek met Amanda Swart begin 18:30 vir 19:00. Dit kos R30 per persoon en sluit ’n glas wyn en ligte verversings in. Bespreek by 084 501 0355.

 

Tot 7 Maart: Uitstalling en gesprek in Breytenbach-galery

 

 

11 Maart: Ontwikkelingswerkswinkels in die galery

Die tweede van tien teken- en bewegingswerkswinkels word op 11 Maart in die Breytenbach-galery aangebied onder leiding van Henk Serfontein(kunstenaar), Hannah Loewenthal (kunstenaar, danser en choreograaf) en Willie Erasmus (kliniese sielkundige) . Elke sessie duur twee ure elk en vind elke tweede Maandag van die maand vanaf 15:00 tot 17:00 plaas. Dit word aangebied vir ’n groep jong kinders in samewerking met Anne-Ghrett Erasmus, die kurator van die Breytenbach-galery. In die werkswinkel word daar ‘n ondersteunende ruimte vir die deelnemers geskep waarin die ekspressiewe en helende moontlikhede van kuns(tekenkuns) en dans(intuitiewe beweging) as proses ontgin word.

 

 

 

27 Maart: Proe Wellington-wyn by Breytenbach-sentrum

 

 

30 Maart: Mike & The Hormonix: A Tribute to the Beatles

Die gewilde Mike McNully and The Harmonix is weer terug op Die Bôrdienghuis se buiteverhoog na hulle suksesvolle Tribute to Abba wat oral vol uiters gewild was – ook vroeër vanjaar by die Breytenbach-sentrum. Dié keer is dit op Saterdag 30 Maart met Mike and the Harmonix ‘s Tribute to The Beatles.

As with the Abba tribute, The Beatles are brought to life with high energy and phenominal musicianship!

Die vertoning begin om 20:00 en pizza’s en drinkgoed kan van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R150 per person en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

 

Tuin van Digters 2019

Die agtste jaarlikse Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, vind vanjaar op 13 en 14 September plaas. Nie net sal Breyten Breytenbach en Ampie Coetzee, wat in 2019 hulle 80ste verjaarsdae vier, op gepaste wye gehuldig word nie, maar die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuut digbundel sal ook weer aan die wenner oorhandig word. Afrikaans en sy interaksie met digwoorde met ander tale sal in die kollig kom en breine sal oudergewoonte op velerlei skeppende en verrassende wyses oopgedink en oopgeskop word. Kry jouself gereed vir nuut dink en anders skep en oopkop deelname. Teken solank die datum aan.

 

 

 

 

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog