VISIT BREYTENBACH CENTRE DURING APRIL FOR A GREAT LINE-UP OF ARTS AND CULTURE
Posted by Sunè Samuels on 27 March 2019 5:15 AM CAT
During April Breytenbach Centre entertains with a book launch, a book discussion, a group exhibition, a solo exhibition and the recently launched monthly Wine Wednesdays.
Boekbekendstelling – Strafjaart
11 April l Bordienghuis l 18h30 – 21h30
Ons nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Strafjaart deur Theo Kemp by Die Bôrdienghuis. Die skrywer van ‘Skool’ sal in gesprek wees met Ampie Coetzee.
Prys: R30 per persoon sluit wyn en versnaperings in.
RSVP asseblief na +27 (0) 84 501 0355 / +27 (0) 21 873 7376 l thebooktraders@gmail.com
Martin Steyn praat oor sy boek Losprys
4 April l Bordienghuis l 18h30 vir 19h00
Die gewilde skrywer Martin Steyn gesels met Izak de Vries oor sy boek Losprys.
Prys: R30 per persoon (sluit wyn en ligte eetgoed in).
Bespreek by +27 (0) 84 501 0355 l +27 (0) 21 873 7376 l thebooktraders@gmail.com
“Uitstelling” – ’n groepuitstalling
15 Mei l Breytenbach Sentrum
Vir meer inligting kontak galery@breytenbachsentrum.co.za l +27 (0) 21 864 2988.
Solo-uitstalling deur Zetha Baartman
’n Solo-uitstalling deur Zetha Baartman open op Saterdag 13 April om 11:00 in die Breytenbach-galery. RSVP by galery@breytenbachsentrum.co.za l 021 864 2988.
La’ Acte final: Scene II, Louis Jansen van Vuuren en Kie
Tot 11 April
Hierdie besondere groepuitstalling, wat op Sondag 17 Maart geopen het, kan nog tot 11 April in die Breytenbach-galery gesien word. Louis Jansen van Vuuren en sy medekunstenaars, wat baie van hulle skeppingsprosesse in Frankryk geleer het, se werke is te sien.
Proe Wellington-wyn by Breytenbach-sentrum
24 April
Die tweede maandelikse gesellige wynproe-aand, aangebied deur die wynplase van die Wellington-wynroete plaas.’n Musikant op die buiteverhoog sorg verder vir ’n heerlike kuieratmosfeer.
Kaartjies vir ’n glas en wynproeë kos R50 per persoon. Pizza’s kan gekoop word.
Anne-Ghrett Erasmus kurator by Suidoosterfees
25 April
Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach-galery, is vanjaar weer die kurator van die uitstalling in die Marmer Foyer by die Suidoosterfees, wat van 25 April tot 1 Mei by die Kunstekaap in Kaapstad plaasvind. Die hele onderste vlak van die ontvangsruimte is opgeknap is en verdriedubbel. Die fokus is nou op vyf verskillende ruimtes waarvan elkeen op ‘n eko-vriendelike tema konsentreer. Dit sluit in ontwerpersmeubels, oudhede, kuns, keramiek, plante en mandjies. Anne-Ghrett het besluit om soveel moontlik kunstenaars en produkte van Wellington uit te stal. Suidoosterfees-programme is by die Breytenbach-sentrum beskikbaar.
Relax in the coffee shop, book shop, gallery, poet’s garden
The Breytenbach Centre is, except on public holidays and Sundays, open daily. The hours are from 08:30 till 17:00 on week days and from 09:00 till 13:00 on a Saturday. Visitors are welcome to visit the gallery, the gallery shop, the bookshop and the poetry garden and have a cup of coffee and something to eat in the coffee shop. Buy a gift in the gallery shop upstais or in die coffee shop downstairs. More info at www.breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, facebook and twitter.
Wees (aan)dadig by 2019 se Tuin van Digters
Die agtste jaarlikse Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns en vlagskipprojek van die Breytenbach-sentrum, vind op 13 en 14 September plaas. Nie net sal Breyten Breytenbach en Ampie Coetzee, wat in 2019 hulle 80ste verjaarsdae vier, op gepaste wye gehuldig word nie, maar die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuut digbundel sal ook weer aan die wenner oorhandig word. Vanjaar se tema van die Tuin van Digter – (aan)dadig, is ’n skerpskepping van Breyten self (‘Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig’). Teken solank die datum aan en kry jouself gereed vir nuut doen, anders doen, oopkop doen, (aan)dadig wees.