Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

VISIT BREYTENBACH CENTRE DURING MAY FOR A GREAT LINE-UP OF ARTS AND CULTURE

Posted by Sunè Samuels on 29 April 2019 4:00 AM CAT
Default user photo

During May Breytenbach Centre entertains with a solo art exhibition, a Madiba photo exhibition, two book launches, musical entertainment and two Wine Wednesday events. Read more here.

 

Sanger André Swiegers en sy seun Emile

31 Mei l Bordienhuis l 18h00 – 20h00

Die gewilde sanger en liedjieskrywer van Pretoria, André Swiegers, toer weer in die Wes-Kaap en sal op Vrydagaand 31 Mei van sy mooiste en bekendste, sowel as nuwe, liedjies in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington sing. Sy seun Emile, ook ’n talentvolle kitaarspeler en sanger, sal saam met sy pa op die verhoog wees.

Die vertoning begin om 20:00 en pizza’s en drinkgoed kan van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

 

 

 

Solo-uitstalling deur Zetha Baartman

Tot 31 Mei 2019 in Breytenbach Gallery

Die solo-uitstalling deur Zetha Baartman van die Paarl wat op Saterdag 13 April in die Breytenbach-galery in die Breytenbach-sentrum geopen het, is nog die hele Mei te sien.

Vir meer inligting galery@breytenbachsentrum.co.z of 021 864 2988

 

Foto-uitstalling: Mandela en die mense van Drakenstein

Vanaf 27 April 2019 in Breytenbach Sentrum

’n Besondere foto-uitstalling, onder meer van foto’s waar mense van die Drakenstein saam met oud-pres. Nelson Mandela afgeneem is, is van Vryheidsdag (Saterdag, 27 April) in die onderste galery van die Breytenbach-sentrum in Wellington te sien. Die foto’s is verlede jaar deur die Drakenstein-munisipaliteit saamgestel en is tot einde Mei in die galery.

Vir meer inligting galery@breytenbachsentrum.co.z of 021 864 2988

 

Karen Brynard gesels met skrywer Bettina Wyngaard

16 Mei 2019 l Breytenbach Sentrum l 18h30 vir 19h00

Bettina Wyngaard se tweede boek, Vuilspel in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekendgestel. Die misdaadskrywer Karen Brynard sal met haar gesels. Wyngaard is ’n

Overbergse skrywer, dromer en aktivis en haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, is in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon.

Dit bekendstelling kos R30 per persoon en sluit wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

Die daggaboer by Breytenbach-boekklub bekendgestel

23 Mei 2019 l Breytenbach Sentrum l 18h30 vir 19h00

Jean-Pierre de Kock, ’n oud-student van Rachelle Greeff se gewilde skryfskool by die Breytenbach-sentrum in Wellington, stel sy boek, Die daggaboer, op Donderdag 23 Mei in Die Bôrdienghuis in die sentrum bekend.

kos R30 per persoon, wat wyn en ligte eetgoed insluit. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

Marié du Toit sings ‘Golden Oldies with a touch of Bipolar’

25 Mei 2019 l Breytenbach Sentrum l 20h00

Die hartroerende ‘CRAZY – Golden Oldies with a touch of Bipolar’, is ’n Engelse kabaret waarin die bekende sangeres Marié du Toit (sang) en Bram Potgieter (klavier) op Saterdagaand 25 Mei in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington, bekende ou liedjies met ’n nuwe invalshoek aanbied.  Die kabaret is geïnspireer deur Du Toit se liefde vir liedere uit die goue era en haar persoonlike stryd met bipolêre gemoedsversteuring.

“The show takes a light-hearted look at the crazy highs and lows of a mental disorder and features great old favourites such as “Unforgettable”, “Cabaret”, “Mack the Knife”  and “Blueberry Hill”, masterfully adapted to illustrate the Bipolar theme.”

pizza’s en drinkgoed kan van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

 

Proe Wellington-wyn by Breytenbach-sentrum

1 Mei 2019 11h00 – 18h00 l 29 Mei 2019 16h00 – 20h00

Die gewilde maandelikse gesellige wynproe-aand aangebied deur die wynplase van die Wellington-wynroete, wat gewoonlik op die laaste Woensdag van elke maand by die Breytenbach-sentrum in Wellington plaasvind, gaan ook op 1 Mei, Werkersdag, gebeur. Dit duur van 11:00 tot 18:00 en pizza’s kan gekoop word. ’n Musikant op die buiteverhoog sorg verder vir ’n heerlike kuieratmosfeer en daar gaan ook vermaak wees vir kinders. Die gewone laatmiddag/vroegaand-byeenkoms op die laaste Woensdag,

Kaartjies vir ’n glas en wynproeë kos R50 per persoon.

 

Relax in the coffee shop, book shop, gallery, poet’s garden

The Breytenbach Centre is, except on public holidays and Sundays, open daily. The hours are from 08:30 till 17:00 on week days and from 09:00 till 13:00 on a Saturday. Visitors are welcome to visit the gallery, the gallery shop, the bookshop and the poetry garden and have a cup of coffee and something to eat in the coffee shop. Buy a gift in the gallery shop upstais or in die coffee shop downstairs. More info at www.breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, facebook and twitter.

 

Wees (aan)dadig by 2019 se Tuin van Digters

Die agtste jaarlikse Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns en vlagskipprojek van die Breytenbach-sentrum, vind op 13 en 14 September plaas. Nie net sal Breyten Breytenbach en Ampie Coetzee, wat in 2019 hulle 80ste verjaarsdae vier, op gepaste wye gehuldig word nie, maar die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuut digbundel sal ook weer aan die wenner oorhandig word. Vanjaar se tema van die Tuin van Digter – (aan)dadig, is ’n skerpskepping van Breyten self (‘Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig’). Teken solank die datum aan en kry jouself gereed vir nuut doen, anders doen, oopkop doen, (aan)dadig wees.

 

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Enjoy a Country-Style Escape at Lady Loch Guest House
Nestled in the heart of the Cape Winelands and perched on the tranquil banks of the Berg River, Lady...
read more
@wakeupdc is giving away @thewagyuexperience for 2!
Want in? Here's how to enter: Comment on our YouTube page which one of the 4 games has...
read more
What’s on in Wellington this weekend?
Two nights of wit, wine and wonderful storytelling await! Friday, 11 April Get...
read more
Picnic for Autism with Sunset Sweatshop
Join us for a family-friendly picnic day filled with live music, good vibes, and a great cause!...
read more
𝗚𝗲𝘁 𝗿𝗲𝗮𝗱𝘆—𝗦𝘁𝗮𝗴𝗲 𝟮 𝗼𝗳 𝘁𝗵𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟱 𝗔𝗯𝘀𝗮 𝗖𝗮𝗽𝗲 𝗘𝗽𝗶𝗰 𝗶𝘀 𝗮𝗹𝗺𝗼𝘀𝘁 𝗵𝗲𝗿𝗲!
Tomorrow, riders take on a thrilling 66 km time trial from Meerendal to Fairview, with the final...
read more
Feel free to come and visit! We are excited about upcoming Wednesday's Sit Stories, in collaboration with the Breytenbach Sentrum the Wellington Museum and many others.
read more
𝗦𝘁𝗲𝗽 𝗶𝗻𝘁𝗼 𝗛𝗶𝘀𝘁𝗼𝗿𝘆: 𝗧𝗵𝗲 𝗔𝗻𝗱𝗿𝗲𝘄 𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆 𝗦𝘁𝗮𝘁𝘂𝗲 & 𝗗𝘂𝘁𝗰𝗵 𝗥𝗲𝗳𝗼𝗿𝗺𝗲𝗱 𝗖𝗵𝘂𝗿𝗰𝗵
Wellington’s iconic Andrew Murray statue honors the visionary who shaped its academic legacy, while...
read more
𝗖𝗼𝗳𝗳𝗲𝗲 & 𝗖𝗿𝗼𝗶𝘀𝘀𝗮𝗻𝘁𝘀 – 𝗧𝗵𝗲#𝗩𝗶𝘀𝗶𝘁𝗪𝗲𝗹𝗹𝗶𝗻𝗴𝘁𝗼𝗻 𝗪𝗮𝘆!
Forget Paris—your next 𝗯𝘂𝘁𝘁𝗲𝗿𝘆, 𝗳𝗹𝗮𝗸𝘆 𝗰𝗿𝗼𝗶𝘀𝘀𝗮𝗻𝘁 𝗳𝗶𝘅 is right here in...
read more
We were absolutely thrilled to host the Paarl Royals at SMUL at Diemersfontein
A big thank you to the team for stopping by and making it such a memorable occasion! Here’s to many...
read more
Find your summer groove at Val du Charron Wine & Leisure Estate!
Nestled in the breathtaking Bovlei Valley, this luxury escape offers world-class dining and...
read more

Go to blog