Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

EXPLORE THE ARTS AT BREYTENBACH CENTRE

Posted by Sunè Samuels on 28 May 2019 6:05 AM CAT
Default user photo

The Breytenbach Centre is a hub of theatrical and artistic activities during June.

6 Junie: Osbloed gesels met Reney Warrington oor haar boek Smit Motors

Die bekendstelling van Reney Warrington se gewilde roman, Smit Motors, by die gewilde Breytenbach-boekklub by die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington, gaan spesiaal wees. Die bekende Bertus (Osbloed) van Niekerk, wat bekend is vir die wyn wat hy by sy huis maak, en Reney is jarelange vriende en hy gaan lekker met haar gesels. Die gesprek begin Donderdagaand 6 Junie om 18:30 vir 19:00 in Die Bôrdienghuis. Dit kos R30 per persoon en sluit wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

8 Junie: Rondleiding oor die uitstalling SENSUUR: VERBIED, VERBAN

Besoek Saterdag 8 Junie om 11:00 die Breytenbach-galery vir ’n rondleiding en ‘n informele gesprek oor hierdie  besondere uitstalling deur Ceramic Matters en Frans Mulder. Vind meer uit oor die denkproses agter elke unieke

kunswerk. Die onderwerp lei tot vele gesprekke oor die ou sensuurraad en die verbanning van kuns, taal, musiek en leefstyle. Toegang is R30 en sluit ‘n glas wyn in. RSVP by Anne-Ghrett Erasmus by galery@breytenbachsentrum.co.za of 021 8642988.

8 Junie: Amerikaner sing Afrikaans saam met Gian Groen

Gian Groen het geen bekendstelling as sanger nodig nie en het groot gewildheid verwerf met liedjies soos Groen Seisoene Kind, wat deur Laurika Rauch opgeneem is. Gian, wat saam met sy vrou en dogtertjie in Grabouw woon, se paaie het onlang gekruis met dié van Camille van Niekerk, die Amerikaans-gebore sanger wat ’n besondere liefde vir die Afrikaanse taal ontwikkel het nadat sy met ’n Afrikaans-gebore man getroud is. Haar Afrikaanse weergawe van bekende treffers het ’n internet-sensasie geword nadat sy dit aanvanklik net vir haar man en sy ouers gesing het. Die twee se vertoning sluit in bekende treffers van Gian sowel as van Camille se gunsteling Afrikaanse treffers. Maak ook reg vir ’n hele paar musikale verrassings. Die vertoning begin om 20:00 en pizza’s en drinkgoed kan van 18:00 gekoop word. Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

 

13 Junie: Bekendes praat oor godsdiens in die boek Die Braambos bly brand 
Die braambos bly brand is ’n bundel verhale oor hul godsdiensbelewenisse deur bekende Suid-Afrikaners uit alle bedrywe wat saamgestel is deur Chris Jones en Pieter Malan. Jones en ’n paneel bestaande uit mens wat bydraes gelewer het gesels by die Breytenbach-boekklub oor die verhale van die verskillende skrywers. Die gesprek is op Donderdag 23 Junie in Die Bôrdienghuis. Dit begin 18:30 vir 19:00 en kos R30 per persoon, wat wyn en ligte eetgoed insluit. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

20 Junie: Saartjie Botha praat met Alma Rossouw oor haar debuutroman Sypaadjie

Alma Rossouw, ’n jong Paarliet en ook vanjaar ’n student by Rachelle Greeff se skryfskool by die Breytenbach-sentrum, se debuutroman Sypaadjie, word op Donderdag 20 Junie by die Breytenbach-boekklub bekendgestel. Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees en WOW, gesels met Alma en Andre Terblanche gaan daarna mooi musiek maak. Die bekendstelling begin om 18:30 vir 19:00 en kos R30 per persoon, wat wyn en eetgoed insluit. Die kroeg sal ook oop wees vir aankope. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

22 Junie: Nuwe uitstalling is beautiful en ’n fees vir die oog en siel

’n Pragtige nuwe uitstalling, ON BEAUTY (na aanleiding van Umberto Eco) met werke deur Jaco Benade, Jennifer de Charmoy en Marieke Prinsloo open Saterdag 22 Junie om 11:00 in die Breytenbach-galery op die eerste vloer van die Breytenbach-sentrum in Wellington. Die openingspreker is Ashraf Jamal. Toegang is R30 en sluit ’n glas wyn in. RSVP by galery@breytenbachsentrum.co.za of 021 8642988

 

26 Junie: Maandelikse proe van Wellington se wyne

Die gewilde maandelikse gesellige wynproe wat deur die Breytenbach-sentrum en die wynkelders van die Wellington-wynroete aangebied word, vind op 26 Junie by die Sentrum in Burgerstraat 14 plaas. ’n Musikant op die buiteverhoog sorg vir ’n heerlike kuieratmosfeer en heerlike pizza’s kan ook gekoop word. Kom ontspan en kuier heerlik by die tafels en stoele onder die bome voor Die Bôrdienghuis. Die gewone laatmiddag/vroegaand-byeenkoms duur van 16:00 tot 20:00 plaas. Kaartjies vir ’n glas en wynproeë kos R50 per persoon.

 

Don’t miss out: Lots to do and see at Breytenbach Centre

The Breytenbach Centre in 14 Burger Street in Wellington is open daily, except on public holidays and Sundays. Hours are from 8:30 to 17:00 on weekdays and from 9:00 to 13:00 on Saturdays. Visit the gallery, the gallery shop, the bookshop and the poets’ garden. Buy a gift in the gallery shop upstairs or in the coffee shop downstairs where you can enjoy a cup of coffee and something to eat.  More information available at www.breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, facebook and twitter.

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog