Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

PAARL EN WELLINGTON ONTVANG GOEDKEURINGSTEMPEL

Posted by Sunè Samuels on 26 August 2020 10:10 AM CAT
Default user photo

Die Wêreld Reis- en Toerismeraad (WTTC) het die ‘Safe Travels’ goedkeuringstempel aan Paarl en Wellington toegeken.  Dit beteken dat beide streke die streng riglyne en protokol toepas wat voorgeskryf word deur internasionale standaarde en dat reisigers met volle vertroue weer die talle toerisme-attraksies kan besoek.

Na aanleiding van die uitbreek van die COVID-19-pandemie wat ‘n kreupelende effek op die internasionale reisbedryf gehad het, het die raad en sy lede in samewerking met regerings, gesondheidspesialiste en ander bedryfsvennote spesifieke herstelprotokolle ontwikkel.  Die toepassing van hierdie protokolle sal reisigers meer gemoedsrus gee om te reis, alhoewel veiligheid nie 100% gewaarborg kan word nie.  Verder stel die gesamentlike implimentering van die protokolle die privaatsektor in staat om die veiligheid van beide die werksmag en reisigers te verseker te midde van ‘n verslapping in die reisbeperkings.

Volgens Annelize Stroebel, die hoof uitvoerende beampte van Paarl en Wellington Wyn en Toerisme (Drakenstein Plaaslike Toerismevereniging), is die ‘Safe Travels’ goedkeuringstempel van kardinale belang vir die herstel van die bedryf.  “Suid-Afrika het gegaan na Vlak 2 van inperking wat interprovinsiale reis toelaat.  Hierdie internasionaal-erkende goedkeuringstempel om veilig te reis, sal die toeroperateurs in staat stel om Paarl en Wellington weer met vertroue as reisbestemmings te bemark.  Besoekers kan nou weer ons uitstekende aanbiedings geniet wat ondermeer fynproewersetes met van ons vallei se beste wyne insluit.  ‘n Besoek aan een van die talle wynplase vir ‘n wynproe en om tuiskelders aan te vul, kan ook ‘n heerlike daguitstappie wees.”

As lid van die WTTC, mag Paarl en Wellington hierdie stempel wêreldwyd gebruik om die verskeidenheid toerisme-aantreklikhede in die area te bemark, terwyl die land stadig uit inperking beweeg.  Die simbool bied ook die nodige gerusstelling om Suid-Afrika weer ‘n voorkeurbestemming te maak. “Die ‘Safe Travel’ goedkeuringstempel stuur ‘n duidelike boodskap dat Paarl en Wellington veilige bestemmings is en dat die aanbevelings wat uitgereik is deur die nasionale gesondheidsministerie en die Toerismeraad van Suid-Afrika streng nagevolg is om besoekers te veiligheid te verseker,” verduidelik Stroebel.

Raadslid Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van Drakenstein munisipaliteit het die inisiatief verwelkom. “Toerisme speel ‘n uiters belangrike rol in Drakenstein se ekonomie en ons hoop om spoedig plaaslike en internasionale toeriste in Drakenstein terug te verwelkom,” sê hy.

“Toerisme is sonder twyfel almal se besigheid en maak letter en figuurlik deure oop vir plaaslike inwoners. Net soos die lenteprag nuwe lewe simboliseer, ontsluit die terugkeer van toerisme in Drakenstein talle geleenthede vir die plaaslike eknonomie, wat sal verseker dat hierdie ‘n voorkeurbestemming bly.  Ons is beslis oop vir besigheid en nooi besoekers om ons pragtige, skoon oop ruimtes veilig te kom geniet. Kom ons verseker dat Drakenstein ‘n gunsteling bestemming bly vir plaaslike en internasionale reisigers.”

Lede van die toerismevereniging het sertifikate van nakoming ontvang nadat hulle ‘n onderneming rakende gesondheid en veiligheid onderteken het.  Paarl en Wellington logo’s op die sertifikate word erken as ‘n stempel van goedkeuring en kan op webtuistes en ander digitale platforms gebruik word.

Vir meer inligting volg @VisitPaarl en @VisitWellington ZA op sosiale media.

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog