Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

stukkieKAAP MAAK VAN DESEMBER N FEES!

Posted by Sunè Samuels on 05 November 2020 10:00 AM CAT
Default user photo

                             

stukkieKAAP maak van Desember n fees met n Maskerbal, n somerKersfees piekniek ete, aanlyn koop opsies en n pop-up winkel.

Hulle bied verbruikers die geleentheid om met een kliek ‘n verskeidenheid plaaslike wyne en produkte aan te koop.  Hierdie opsie is gerieflik vir aflewering en maak dit moontlik om geskenke te stuur vir jou familie wie ver is, almal waardeer n stukkieKAAP. Besoek www.stukkiekaap.co.za om die produkte te besigtig.

Besoek ook gerus hulle tydelike winkel wat sy deure sal oopmaak vir die publiek tussen 15 – 30 Desember.  Hierdie pop-up wyn -, kuns – en geskenke winkel sal oop wees tussen 9am en 6pm, gereed om te help met unieke geskenke vir almal.

Nog net ‘n paar weke van 2020 oor en ons het nog geen rede gehad om op te dress nie, ons het eintlik nog nie eers rede gehad om ons pajamas uit te trek nie. Ons gaan sekerlik nie dat die jaar ons so onder kry nie! Dagboek Vrydag, 4 Desember om 6:30pm vir stukkieKAAP bied aan Wellington Maskerbal!  

Dragkode: Formeel

Gaskunstenaar: Juan Casey

Koste: R550 per persoon (Drie gang ete en wyne ingesluit)

Daar is beperkte spasie so bespreek dus so gou moontlik per e-pos aan admin@KURK.co.za of koop jou kaartjie aanlyn by www.stukkiekaap.co.za.  Die perseel moet 11:45 pm ontruim wees; met Covid19 regulasies, sal jou glasskoen verdwyn en koets in n pampoen verander na 24:00.

COVID-19 voorsorgmaatreëls geld l Taxidiens beskikbaar op vooraf bespreking.

Kersfees kom. Kersfees kom. Geniet ‘n somerKersfees piekniek ete op 25 Desember van 11:30am saam met vriende en familie in Wellington. Haal hierdie kersfees die druk van jou af en bederf jou gaste met ‘n heerlike lae inspanning kerstafel. Bring gerus ‘n piekniek kombers en die kinders se nuwe buitespeel speelgoed. Hierdie ete kan in groepsverban, of individueel bespreek word. Dit is perfek vir enkellopendes wie nie Kersdag alleen wil deurbring nie of groot groepe wat ekstra spasie benodig.

Neem kennis: Hierdie ete word aangebied binne n Christelike verwysing met Christelike musiek en spyskaart.

Sou jy dalk n ekstra persentjie benodig vir die gaste in jou groep stel ons die bubble-kouse voor. Dit is ons kerskouse met ‘n verskeidenheid bubbles. Volg ons op FB vir meer inligting hieroor -@stukkieKAAP.

Koste R450 vir volwassenes l R250 vir kinders.

Bespreek per e-pos aan admin@KURK.co.za of by www.stukkiekaap.co.za.

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Welcome Spring
As we welcome the vibrant season of Spring, it's a time of renewal and fresh beginnings. The world...
read more
Wellington Wines Moonlight Market & Picnic
Wellington Wines are proudly hosting a monthly Moonlight Market & Picnic at their magnificent Bovlei...
read more
E-Zee Bike Hire and Tours
Specializing in adventure, culture, safari, nature and Overland travel, we would like to show you...
read more
Winter at Doolhof
Winter has arrived, bringing with it cold nights and cozy fires. Are you prepared for the chilly...
read more
Gecko Lounge
DINE IN or TAKE AWAY - there's always a good reason for a GECKO LOUNGE meal!
read more
Wellsave Wellington
Welcome to the Winter Warmer Sale. This promotion is only valid from 24th Jul 2024 to 12th Aug...
read more
Things to do in Wellington
Bain's Kloof Canyoning - Wellington A perfect way to spend a day in the mountains. This...
read more
5 Day Winelands and Garden Route Discovery
A 5 day discovery of the secluded Cape Winelands, the road less travelled, Garden Route sites and...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Horse Trail Explore the beauty of the Cape Winelands on this horseback riding tour that's...
read more
Things to do in Wellington
1h30m Nature Quad Trail Nestled within in South Africa's Western Cape Province, Stellenbosch is...
read more

Go to blog