Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Other
  • Gabbema Doordrift Drive, Paarl Mountain
  • Paarl, Western Cape
  • 7646
  • SOUTH AFRICA
  • +021 872 3441
PUBLIC PROFILE
Feb 3 Sat
  1. Piekniekkonsert: Riana Nel / Picnic Concert: Riana Nel

    1:00 PM - 2:00 PM CAT
    Add to Your Calendar
    Added by Lorenzo Samuels
    riana nel.jpg - Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument image
    @ Afrikaanse Taalmonument
    Riana wag vir jou onder die sterre by die Taalmonument / Riana awaits you under the stars at the Language Monument (English below)

    “Ek staan onder die aand se sterre. Vrede vind ek in die stille nag. Dit is waar ek vir jou wag.” Só sing die gewilde sanger, liedjieskrywer en gebore Namibiër Riana Nel wat op ‘n heerlike someraand op die piekniek-planke by die Afrikaanse Taalmonument in Paarl gaan optree. Op Saterdag, 3 Februarie 2018 wil sy almal omvou met haar musiek as deel van die monument se Konsertreeks - waaroor inwoners, buitelanders en toeriste mal is – en wat ten bate van die ‘Laat ons Lees!’ geletterheidsprojek vir kinders is.

    Riana Nel se borrelende persoonlikheid en eindelose talent is ‘n wenkombinasie wat tot diep binne in jou siel kruip met haar lirieke en onvergeetlike vertonings. Haar albums ‘Oopmond’ , ‘The Cure’, ‘Someone with Skin’ , ‘Collection Set’, ‘Die Moeite Werd’, ‘Die Regte Tyd’ en ‘Jy Sal Weet’ het al talle pryse verower en multi-platinum verkope bereik; iets wat haar een van die lande se gewildste sangers maak.

    Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.

    Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie. Die volgende piekniekkonserte is met Elvis Blue (17 Februarie) en Die Heuwels Fantasties (24 Maart).

    Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

    Riana awaits you under the stars at the Language Monument

    “Ek staan onder die aand se sterre. Vrede vind ek in die stille nag. Dit is waar ek vir jou wag.” ("I stand under the night's stars. Peace I find in the silent night. That's where I await you.") So sings the popular singer, songwriter and Namibian-born Riana Nel who will be on the picnic stage at the Afrikaans Language Monument in Paarl on a beautiful summer evening. On Saturday, 3 February 2018, she wants to embrace everyone with her music as part of the monument’s Concert Series - loved by residents, foreigners and tourists - and which is in aid of the 'Let's Read!' literacy project for children.

    Riana Nel's bubbly personality and endless talent is a winning combination that reaches deep into your soul thanks to her lyrics and unforgettable performances. Her albums ‘Oopmond’ , ‘The Cure’, ‘Someone with Skin’ , ‘Collection Set’, ‘Die Moeite Werd’, ‘Die Regte Tyd’ en ‘Jy Sal Weet’ have already won numerous awards and achieved multi-platinum sales; something that makes her one of the most popular singers in the country.

    The show starts at 20:00 in the Garden Theatre - a smaller sibling of the famous Paarl Amphitheatre - on the soft lawn right at the foot of the monument while the sun's last soothing rays fade away. Visitors are welcome to explore the scenic surroundings via the footpaths while the children entertain themselves in the playground. Bring your own drinks (no glass) and picnic basket or order one at the enlarged and improved Volksmond Coffee Shop on 021 863 2800. Coffee, light refreshments, wine and beer will also be on sale.

    Tickets are available at Computicket and the Language Monument at R140 for adults, R130 for students and R70 for children under 13. Bring a blanket or pillow and warm clothes. Safe parking is available and entry is controlled. Unfortunately, no dogs or fires are allowed. The next picnic concerts play host Elvis Blue (17 February) en Die Heuwels Fantasties (24 March).

    For further information, call 021 863 0543/4809 or visit www.taalmonument.co.za and www.facebook.com/afrikaanstaalmonument.