Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Other
  • Gabbema Doordrift Drive, Paarl Mountain
  • Paarl, Western Cape
  • 7646
  • SOUTH AFRICA
  • +021 872 3441
PUBLIC PROFILE
Feb 2 Fri
  1. Volmaanpiekniek / Full-moon Picnic

    10:00 AM - 3:00 PM CAT
    Add to Your Calendar
    Added by Lorenzo Samuels
    23592241_10154919445551994_483927347081503117_o.jpg - Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument image
    @ Afrikaanse Taalmonument
    Maanskyn, rose en pieknieks by die Taalmonument / Lighten up your live with a full-moon picnic at the Language monument (English below)
    Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ‘n heerlike lenteaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmonument se vriendelike personeel almal hartlik uit om saam met ons die eerste Volmaanpiekniek van die somerseisoen te vier.
    Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat onder meer die simboliek van die monument, ‘n beeldhouwerk sonder weerga, verklaar, word om 18:30 aangebied.
    Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit) by die Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Onthou ook asseblief warm klere en ‘n flits.
    Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
    Toegang is R30 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit. Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook.
    Lighten up your live with a full-moon picnic at the Language monument
    You don’t need to cry for the moon to make a perfect evening out possible. Simple join the Afrikaans Language Monument’s friendly staff on a beautiful spring evening on the picturesque Paarl Mountain to celebrate the first Full-moon Picnic of the summer season.
    The picnics are very popular with local residents and overseas visitors, who especially enjoy the sunsets and incredible night scenes. Visitors can join us between 17:00 and 22:00. A free guided tour that explains among other things the symbolism of the monument, which is an exceptional sculpture, is offered at 18:30.
    Guests are welcome to bring their own picnic baskets or pre-order one (at R250 for two people, or R350 with a basket included) at the Volksmond Coffee Shop on 021 863 2800. Volksmond will be open for coffee and light refreshments. Please dress warmly and bring a torch.
    The evenings are held in aid of 'Let's Read!', the Language Museum's reading project for children, and visitors are encouraged to donate a new or second-hand children's book.
    Tickets are R30 per adult, R10 for SA students and R5 for children (free under six years). They are available from Computicket or at the gate, and no booking is required. Annual permits are available at the Language monument at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to Full-moon Picnics. For more information about events at the Language Monument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow us on Facebook.