Charles Artworks

Education
  • 4 Runelli Street
  • Paarl, Western Cape
  • 7646
  • SOUTH AFRICA
  • +27(0)79 602 7594
PUBLIC PROFILE

My storie oor my kunswerke (Geskryf deur - Charles Small)

Posted by Lorenzo Samuels on 13 November 2017 3:20 AM CAT
Default user photo

Kuns en houtwerk was die vakke wat ek glad nie voorbereidings getref het as dit by eksamen kom nie. Ek teken al van kindsbeen af. By Nederburg Primer het ek telkemale die tekenbord gehaal . Mnr Mathyse was destyds my kuns onderwyser. By Klein Nederbug onder Mnr Lourens se Lering was ek ook iemand om mee rekening te hou. Na skool het ek maar op my eie aan gegaan. Ek het 1995 by die Suid Afrikaanse Weermag aangesluit. Daar het ek steeds aanhou skilder. Omdat ek nie die waarde van my werke geken het nie het my werke of eienaars gekry of tot niet gegaan . In daardie tyd het ek begin om skaalmodelle  ( huisies )  van Vuurhoutjies te bou. Ek het dit as tydverdryf gemaak waarvan ek in 1993 een aan die  Paarl Museum, McGregor Museum in Kimberley geskenk het. Dit sal later daar uitgestal word.

In 1997 het ek ‘n paar skaalmodelle gemaak en aan die Paarl Museum geleen vir hul uitstalling “boustyle deur die dekades heen”. Ek het ook ‘n model van die museum gebou aan hulle geskenk.  Vuurhoutjie modelle kan mens vir maande selfs jare besig hou. Dit kan tussen 35 tot 50 pakke   gebrande vuurhoutjies bevat.

Gedurende 1999 het ek kuns aan Boland Kollege gestudeer. Ek het slegs een semeste voltooi omdat my vorige werkgewer Elwierda Bustoere hul deure in Paarl gesluit het en na Kaapstad verskyf het.Ek het vir ‘n paar jaar die skilderwerk gestop en so af en toe geskilder . Gedurende die jaar 2010 het ek besluit ek kan nie die talent wat die Meester my gegee het verder te vat. My self uit leef deur dit cwat die lewe my leer op doek uit te beeld.  ‘n Hongerte vir skilder het my dag vir dag geplae . Oktober 2013 het ek weer aandie gang gekom . Dit het gevoel soos ‘n goeie en sterk voertuig wat niks makeer het nie, maar net te lank stil gestaan het. Moontlik het die bestuurder nie die paneelbord verstaan nie.

 

Ek het ‘n stukkie Leonardo Da Vinci binne my.  

Ek bewonder die Renaissance-man vir die tyd dat ek sy werke begin studeer het.  Ek lees dat hy sommige dae vir 8 ure op ‘n leer gesit het en die muur dopgehou het waarop hy die Laaste avonmaal geskilder het. Twee van sy werke wat my die meeste aangryp is die Mona lisa en die Laaste avonmaal. Daar is nog kunsenaars soos Bob Ross , William Bill Alexander , Wilson Bickford , Kevin Hill,Len Hend , om maar net ‘n paar name te noem. Ek hou van hulle tegniek van “Wet on Wet” . Dit werk baie goed . Ek dink ons kunstenaars is baie agter as dit by daardie meesters kom. Ek het nog nie met laasgenoemde kunstenaars ontmoet nie  ,maar die terugvoering wat hulle my gegee het toe hulle van my werke gesien het wat ek hulle  email  vir kommentaar, dit het my die moet gegee om alles te gee wat ek binne my het.

Ek hou van musiek luister as ek skilder dit laat my ontspan , ek sal een snit vir drie ure oor en oor luister terwyl ek besig is. Ek werk gewoonlik vanaf 22h00 tot 01h00 in die aand . Soms werk ek in die oggend .As ek met olie verf besig is werk ek gewoonlik buite in ons agterplaas , want die ruik kan jou gesondheid aantas. Waterverf en acrylic doe ek sommer in my kamer want dan is dit koel en die verf word nie so gou droog nie, en wanneer ek wil slaap is die bed langs my . Jy moet jou program aanpas sodat jy nie ‘n  waardevolle dag verby laat gaan nie. Doen iets positief voor die son gaan sak. As jy nie goed kan skilder nie teken eers ‘n skets voordat jy met jou skildery begin .Daar is ‘n spreekwoord wat lui  “as jy nie kan teken nie kan jy nie skilder nie ” . Ek glo ek het daardie stap jare gelede al geslaag. Ek skilder in alle meduins wat besklkbaar is . Ek hou daarvan om met olieverf te skilder . Dit is wel duurder en dit neem gewoonlik plus menus 3 dae om droog te word, maar die tekstuur is baie mooier . As jy  skilder moet jy nie talm om die verf dik aan te wend nie . Ek skilder met Kwase en Paletmesse. As ‘n skildery nie vir my reg lyk nie dan gaan ek met ‘n ander werk voort . Ek sal op ‘n ander geleentheid terugkom en daaraan werk  tot ek daarmee tevrede is . Dit maak nie saak hoe lank dit my neem nie. Die ou meesters het jare aan ‘n skildery gewerk. Hoekom kan ons ook nie. Soos Wilson Bickford se ,there is many ways to paint – this is mine” . Dit het my die versekering gegee dat ons almal uniek is en net jy dit kan bemeester waarna toe jy in staat is .So sal daar altyd plek vir verbetering wees. Ek glo dat jy ‘n verskil kan maak in die omgewing waar jy woon. Stel jou self op die proef . Bewys ander verkeerd . Bewys hulle die teendeel. Ander kan dit doen , maar jy kan dit beter doen. Mens moet nie altyd aanvaar om net sesde te kom nie. Ek is bly dinge werk nou eers vir my uit. Miskien was so beplan . Ek het nooit kon dink ek sal so ontwikkel soos nou nie. Ek het ontdek wanneer iets moeilik lyk wat jy wil aanpak dan is die kanse baie beter vir sukses. Byt net vas – onthou net jou beloning is net ‘n oogknip ver. 

There is 1 comment

Comments

 

Thank you Lorenzo for uploading this!!!!.

Charles Small photo
Charles Small

7 years ago

Sign in to add your comment.

Recent Posts

My new videos
Hi friends just check out my new videos. You are welcome to comment or likes my work. My Exhibition...
read more
Art Exhibition at Louise Joubert Art & Framing
Just some of my pieces on display at the Louis Joubert Art & Framing with thanks to the Paarl Art...
read more
Upcoming Workshops
A week ago, I attended a workshop in Cape Town. The Cape Craft Design Institude and American Corner,...
read more
Creativity workshop
Tomorow is my second days of a three days workshop at American Corner Space in Cape Town. The...
read more
******WATER IS LIFE*******
We should becareful how we use water . Paarl is an amazing city and we need to make wise water...
read more
Logo of Charles Artworks
I designed this logo in paint.net . It's free hand and only used the mouse. It doesn't look not too...
read more
HARD WORK PAYS OFF
Just a little something I thought I'd share, Charles Artworks has managed to sell one of his...
read more
Flowers from Toilet rolls
This is the part where the poilet paper is roll on .I cut it and glue it with wood glue . I make...
read more
My storie oor my kunswerke (Geskryf deur - Charles Small)
Kuns en houtwerk was die vakke wat ek glad nie voorbereidings getref het as dit by eksamen kom nie....
read more

Go to blog