GERT JANTJIES
Posted by Lorenzo Samuels on 23 August 2019 4:50 AM CAT
Gert se ogies skitter terwyl hy vertel van ‘n leeftyd as plaaswerker. Na 18 jaar as geliefde plaaswerker op Koelfontein, tree hy einde Junie 2017 af. Gert onthou die dag toe hy op Koelfontein begin het, soos gister. Hy het nog gestaan en wag vir papierwerk om afgehandel te word, toe Handri se pa, Frans Conradie, hom vra hoekom hy nog nie werk nie. Hy vertel met ‘n laggie hoe Frans se bakkie soos ‘n spook was: “Jy hoor hom nie kom nie, as jy jou rug draai, is hy net daar!”