• 216 Main Street
  • Paarl, Western Cape
  • 7646
  • SOUTH AFRICA
  • +27(0)21 807 4528
PUBLIC PROFILE

KOM MAKIETIE EN VIER DIVERSITEIT BY #OnseFees

Posted by Wilandre Johnson on 12 November 2019 8:45 AM CAT
Wilandre Johnson photo

Tydens die #OnseFees wat op 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl aangebied word, gaan jonk en oud die geleentheid kry om kreatief met Afrikaans en die kunste om te gaan.

Die #OnseFees is volgens Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur by die ATKV, ’n fantastiese geleentheid waar die ATKV en strategiese vennote deur gemeenskappe en kultuurgoedere trots Afrikaans en Suid-Afrikaans kan vier.

“Deur groet en kuier, debatte en dialoog, opvoerings en konserte kry die gemeenskap, entrepreneurs en kunstenaars die geleentheid om op te tree as agente vir menswaardigheid, geregtigheid en vryheid,” sê Gerrie.

Dié makietie skop af met ’n taaldiversiteitsgesprek. Die gesprek word deur die ATKV-Taalafdeling saamgestel.

“Die gesprek sal soveel as moontlik kulturele leiers betrek om te gesels oor hoe die diversiteit van die Afrikaanse landskap en die taal ons saambind. Die paneel kundiges bestaan uit onder andere prof. Elvis Saal, kaptein John Witbooi en Annelise de Vries,” sê Morné van Staden, projekorganiseerder.

Die gewilde ATKV-Rieldanskompetisie sal ook tydens die fees beslis word.

“Die doel hiervan is dat die erfeniskunsvorm van rieldans nie meer in afsondering beoefen word nie, maar verdiende erkenning ontvang,” sê Morné.

Die #OnseFees wil ook ander projekte van die ATKV vier.

“Die ATKV-Crescendo-finaal sal ook tydens die fees plaasvind. Omdat die diversiteit van Afrikaans die kern van die fees is, was ’n platform nodig waar alle aspekte van ons kultuur en taal gevier kan word. Daarom maak die toevoeging van Crescendo soveel sin.”

Feesgangers kan verder ook uitsien na vermaak deur Hemelbesem, Radio Kalahari Orkes, Joshua na die Reën, Deon Meiring, Yoma, Tribal Echo en Herman Kleinhans. ’n Verskeidenheidskonsert met die Namastap, Maleierkoormusiek, volkspele, tradisionele Afrikakoormusiek en boereorkesmusiek is ook op die spyskaart.

Gepraat van kos … vir die honger mae sal daar aspirantsjefs vanuit die Drakenstein-gemeenskap wees wat geregte uit Koelsom Kamalie en Florie Schrikker se boeke sal voorberei. Hierdie geregte sal beskikbaar wees om deur die publiek gekoop te word. Ander kosstalletjies, wyn en boetiekbier sal ook beskikbaar wees.

Die kleingoed kan ook uitsien na ’n kinderprogram wat deur die VVA, LAPA, WOW en Montessori Paarl aangebied sal word.

Die Groet-is-’n-moet-ete in die Digterstuin van die Afrikaanse Taalmonument is ook ’n moet. Ons wil ’n geleentheid skep vir lede van die gemeenskap van Drakenstein en die Kaap om saam ’n heerlike ete te geniet. Tafels kan teen R2500 per tafel vir tien mense bespreek word. Kontak gerus vir Björn Piek voor 27 November by 021 880 1761 of bjornp@atkv.org.za.

 

Die ete wat vanaf 16:00 bedien word, dien ook as afsluiting van die #OnseFees. Corneil Muller, Megan-Geoffrey Prins, Bongani Kubheka en die EDNA’s is van die kunstenaars wat tydens die Groet-is-’n-moetkonsert sal optree wat om 18:00 begin.

“Die #OnseFees is vir die ATKV ’n geleentheid om brûe te bou en om met egtheid en warmte andersheid te omarm. Dit is juis waarvoor die ATKV bekend is,” sê Gerrie.

Die #OnseFees word in samewerking met die Afrikaanse Taalmonument, MTN en die Drakenstein Munisipaliteit aangebied.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Daar is ’n beperkte getal naweekpakkette beskikbaar vir diegene wat graag die hele fees wil bywoon. Teen slegs R1000 per persoon kan jy vir drie nagte in ’n Hoërskool Labori-koshuis bly, elke oggend ’n heerlike ontbyt geniet en toegang tot die fees kry. Vir besprekings kontak Ronel Vorster by 021 880 1761 of ronelv@atkv.org.za.

Vir meer inligting kontak Morné van Staden by 074 363 3879 of per e-pos by mornev@atkv.org.za of besoek www.atkv.org.za/neem-deel/feeste/onsefees/.

 

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Cooler evenings call for cozy dinners at Babylonstoren’s Old Bakery Restaurant.
On Italian-inspired Evenings, the Old Bakery becomes a lively trattoria with handmade pasta,...
read more
This June, treat Dad to a memorable Father’s Day at Rhebokskloof
Join them on 15 June from 09:00 to 12:00 for a relaxed morning of live music, a delicious breakfast...
read more
A fresh month of workshops awaits at Babylonstoren and Soetmelksvlei - from mozzarella-making and composting to citrus walks and soap crafting.
Book directly with Babylonstoren and don’t leave it too late – spots fill fast!...
read more
The Winelands Autumn Expo 2025 is Almost Here! 
Montana High School, Worcester 30–31 May 2025 Get ready for an unforgettable...
read more
Tucked between vineyards and old oaks, El Picoteo at Rhebokskloof offers something a little different.
The tapas menu changes with the seasons, and the wines are made on the farm. Sit outside if the...
read more
SecretEATS is coming to Paarl on 24 May 2025!
If you're looking for something a little different, join us for the next SecretEATS event. A dinner...
read more
Fireside Dining at Brookdale Estate
The chill is setting in, and so is that unmistakable craving for a crackling fire and something...
read more
Mother’s Day at Nederburg
Celebrate Mom with a relaxed lunch at The Manor @ Nederburg this Mother’s Day, 11 May 2025. Choose...
read more
Raise a glass to Malbec!
A grape that delivers bold, velvety reds with plenty of character. Some of our favourites? Niel...
read more
Gather your loved ones for a special Easter feast at ONS Restaurant on Sunday, 20 April.
With two seatings available (11:30–1:30 and 2:00–4:00), enjoy a delicious spread featuring:...
read more

Go to blog