Kylemore Trots- Herschel Jantjies
Posted by Lavinia Goshai on 22 July 2019 6:25 AM CAT

"Dit borrel in my, want ek is so bly!"
Nogmaals dankie aan elkeen van julle wie so wonderlik as een man saamgestaan het ons ons land se nuwe rugby sensasie te ondersteun.
Ons het einlik gehoop dat sowat 50 mense sou opdaag. Little did we know. Daar was klomp! Die gees was absoluut fantasties! Braaivleis, potjiekos, langarm musiek en natuurlik ons klong, Herschel Jerome Jantjies.
Hierdie week keer ons egter terug na die liga en speel dan weg teen Elsiesrivier. Met die gees wat tans heers, nooi ons U almal uit om ons span te ondersteun.
Onthou, die Bokke speel Saterdagoggend teen die All Blacks, nou wonder ons, vir wie gaan die Kylemore-Nieu-Seelanders ondersteun?
Belangrike datums om ook na uit te sien.
- Elke ligawedstryd wat voorlê.
- Ons Bekeruitdeling (Kaartjies sal binnekort versprei word. Wanneer? (Einde Oktober of die begin van November (Net na die World Cup *hint-hint)
- Algemene Vergadering (TBA)
Wat dink jy, moet ons al Herschel se games op die big screen gooi en wat het jy gedink van die gees wat Saterdag, by ons, op die veld geheers het?
deur- Kylemore RFC