Mr. J. Arendse Groet Kylemore Hoërskool
Posted by Lavinia Goshai on 29 March 2017 6:30 AM CAT

Dit is met groot hartseer in ons gemoed dat ons aankondig dat Mnr Arendse na meer as 26 jaar by Hoerskool KYLEMORE Vrydag 31 Maart uit die onderwys tree. Hy is waarlik een van daardie individue wat almal met wie hy in kontak was se lewens verryk het. Baie van ons was getrakteer met sy paslike gesegdes.
Hy was een van die eerste Departementshoofde by ons skool saam met Mnr D Bergstedt, Me Benita Cyster en Mnr P Simpson. Mnr T Loriston was die Adjunk Hoof. Van die leerkragte wat saam met hulle die skool in 1991 onder die leiding van Mr S September begin het, sal net Mnr M Brandt, G Baxter, D Cyster en P Louw oorbly.
Ons almal wens hom ‘n welverdiende ruskans toe!!!
Labor Omnia Vincit