• 27 Bath Street
  • Montagu, Western Cape
  • 6720
  • SOUTH AFRICA
  • +27 23 614 2471
PUBLIC PROFILE

Gedenkplaat opgerig in Montagu- Groot Griep 1918

Posted by Mareletta Mundey on 07 December 2018 5:55 AM CAT
Mareletta Mundey photo
Deur : Francois de Kock 
Sommige van ons onthou nog, of is bewus van, die gevreesde en dodelike siekte "Die Groot Griep van 1918" wat tot duisende streftes landwyd gelei het. Ook Montagu het nie die siekte en sy vernietigende gevolge vrygespring nie.

In baie dorpe was dit die gebruik dat diegene wat aan die siekte gesterf het, uit respek op kerkterreine ter ruste gelê was. Hier terplaatse was die grafte in die suid-oostelike hoek van die kerk gronde, maw die hoek naaste aan die huidige poskantoor.

Gedurende 1961/ 62 het die toenmalige munisipaliteit besluit om Bloemstraat van 'n baie smal systraat tot die huidige bree tweerigtinstraat met middelmannetjie of eiland, te vergroot. 'n Smal strook van die kerkgrond is vir die verbreding van die straat bekom. 
Tydens die uitgrawing en grondverskuiwing het Dokter Charlie Muller van in 'Airlies' die huidige gastehuis skuins regoor gewoon het, die werksaamhede gestop het. Met verwysing na die Groot Griep het hy die aandag gevestig op die dodelike siektekieme wat daar begrawe gelê het. Hy het die gebied beveilig deur dit met 'n wit, kalkagtige poeier te bestrooi.

Die beendere is toe verder opgegrawe en in 'n "grafkelder" in die ou kerkhof begrawe. Die middelmannetjie is as 'n gedenktuin aangelê ter herrinering aan diegene wat aan die griep gesterf het, maar ook ter nagedagtenis aan die herbegrawing van die gestorwenes.

Daar was egter geen grafsteen of gedenkplaat by die gedenktuin of enige geskrifte beskikbaar wat na hierdie stukkie geskiedenis verwys nie. Die skrywer van hierdie artikel, Francois de Kock, het onlangs met die munisipaliteit onderhandel om 'n Gedenkplaat by die gedenktuin asook 'Grafkelder' aan te bring aangesien dit vamjaar die 100ste herdenking van die tragiese gebeure is.

Hierdie inligting is in gesprek aan Francois verstrek deur wyle Mnr Cloete, destyds 'n werknemer van die ou Afdelingsraad op Montagu. Francois beywer homs steeds om meer inligting oor raadsbesluite uit die argief in Kaapstad te bekom.

Hoe het Montagu die Groot Griep hanteer? :
- Die ou Sendingkerk (nou Museum) was as Hospitaal ingerig
- Die Ebenhaesersaal (ou NG Kerksaal) is as sopkombuis ingerig
- Begrafnisdienste is in baie gevalle in die opelug gehou by Lovers Walk uit vrees vir die aansteeklikheidsgevaar binne geboue. 

Om die omvang en verwoesting van menselewens deur hierdie siekte in perspektief te bring, hiermee uittreksels uit verskeie artikels wat sedert Januarie 2018 in die media verskyn het:

(a) Netwerk24 - Januarie 2018: "Groot Griep van 1918 soos die einde van die mensdom"
(b) BEELD: 27 Januarie 2018: " Griep saai wêreldwyd spoor van dood en vrees - binne weke het 350,000 Suid Afrikaners gesterf"
(c) "Die grootste plaag in die geskiedenis"
(d) Die Pandemie het in Maart 1918 uitgebreek. Dit het die hele wêreld getref en in Wes Samoa is binne 2 maande 20% van sy bevolking uitgewis. 
In die VSA het die lewensverwagting in 1918 met meer as 10 jaar gedaal.

'n Onverklaarde is waarom die griep nie hoofsaaklik die ou mens getref het nie. Die meeste streftes was tussen die ouderdom 20 - 40 gewees.
Aanvanklik was die sterftesyfer op ongeveer 21 miljoen beraam, vandag beraam pandemisie dat dit 100 miljoen kon wees.
BRON: Die Wagtoring


There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

Happy Arbor Day!
read more
Avalon Hot Springs Discount!
read more
Montagu Trail Festival
read more
KFM Best Of The Cape Awards Finalists are in!
Congratulations to these #KfmBestoftheCape finalists who were nominated by our listeners and...
read more
Snow blankets Montagu to Worcester amid Cape Town’s heavy rainfall
Snowfall blankets the area between Montagu and Worcester, transforming it into a winter wonderland...
read more
Ashton Vocational School
All new school in Ashton to unlock the youth's potential in this region
read more
Avalon Spring Resort
The Avalon Suite is your home away from home! Whether you’re a group of friends or a family...
read more
Montagu Jeugkunstefees
Wondering what to do with the kids during the holiday? Gaan besigting ons kunsuitstalling GRATIS in...
read more
cape Dried Fruit Packers
Make movie nights extra special with Capedry! Capedry's snacks and sweets are available...
read more
Route. Whack and Dangle
Route. Whack and Dangle First climb in 1989 Gabriel and Aiden abseiling down. Thank you for...
read more

Go to blog